Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 13 of 13 matches in All Departments
Moet ek bly of emigreer? Is hier plek vir my in Suid-Afrika? Ons moet ons besluite as morele keuses benader. Ons het dan minder keuses om te maak omdat ons al daardie selfsugtige keuses van die tafel af vee. Morele keuses organiseer ons opsies beter in verskillende kompartemente vanaf eties tot oneties, en vanaf nuttig tot nutteloos. Ons wil hę ons lewens moet iewers tel, daarom maak ons gedurig goeie keuses. Ons maak morele keuses - ook wanneer ons reis-en-verblyf keuses maak.
In ’n węreld wat nooit ophou verander nie, moet suksesvolle leiers ook deurgaans die koers aanpas en veranderinge aanbring. Dit wat gister gesorg het vir sukses, werk nie meer vandag nie. Maar hoe lyk suksesvolle leierskap vandag? In Leierskap 101 bespreek Stephan Joubert en Johan Smith 101 aspekte van hoe leierskap vandag lyk. Hierdie unieke blik op leierskap bevestig dat leiers God se gestuurde dienaars is. Deur te kyk na sake soos integriteit, visie, leierskap in die kerk en gehoorsaamheid wys hulle dat leierskap nie ’n lyding hoef te wees nie, maar ’n heerlike en vervullende voorreg. Ontdek ’n heel nuwe waarheid oor leierskap en word die leier wat God bedoel het jy moet wees.
Being the head of the home and holding down a job can make you feel like you’re carrying the world on your shoulders. But you are not alone. God is right there with you.The Pocket Bible Devotional for Men features 366 daily readings that will help you trade in the pressures of life for God’s peace as you learn to stand strong on the foundation of faith. Each day includes a collection of key Scripture verses and a short devotional thought on relevant topics such as anxiety, family, finances, leadership, success and wisdom. A thematic index is included so you can easily look up topics in order to find the answers you are looking for.
As die hoof van die huis wat ook nog werkstres moet hanteer, kan dit soms vir jou voel of jy die hele węreld op jou skouers dra. Maar jy is nie alleen nie. God is reg langs jou.Die sakpas-Bybel met oordenkings vir mans bevat 366 daaglikse gedagtes wat jou sal help om die daaglikse eise van die lewe te verruil vir God se vrede namate dit jou leer om sterk te staan in jou geloof. Elke dag bevat ’n versameling kernverse uit die Skrif en ’n kort oordenking oor temas soos spanning, gesin, finansies, leierskap, sukses en wysheid.
Draers Van Die Lig is 200 oordenkings vir mense vandag, geskryf deur goeie vriende Stephan Joubert en Johan Smith. Die oordenkings is relevant, kragtig en op die man af en bespreek alledaagse kwessies soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade en hoe om steeds draers van die Lig in die węreld vandag te wees.
'n Lewe voor God bestaan uit 366 dagstukkies uit die pen van een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywers en teoloë, Stephan Joubert. Stephan help ons om elke dag bewustelik en met oorgawe in die aangesig van God te leef. Hy lei ons deur middel van alledaagse temas soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade om elke dag in eerlikheid voor God ons lewe aan te pak.
Die Boodskap is ’n Bybel wat in moderne Afrikaans geskryf is met ’n enig-in-sy-soort-fokus. Uitstaande kenmerke van Die Boodskap: Dit kommunikeer die onveranderlike Woord van God in ’n taal en idioom wat elke Afrikaanssprekende kan verstaan. - Beide die Ou en Nuwe Testament is vanuit die oorspronklike Grieks en Hebreeus vertaal. - Dit bevat versnommers vir maklike naslaandoeleindes en memorisering. - Dit bied ’n nuwe perspektief op die Waarheid van God soos dit deur die eeue behoue gebly het.
Te veel gelowiges voel skuldig omdat hulle nie voldoen aan ander se
geestelike verwagtings nie. Of omdat hulle nie die standaard-resepte
uitleef wat gedurig in die kerk uitgedeel word van hoe ’n “regte
Christen” moet leef nie. Hulle is kerklik betrokke, maar voel
moedeloos. Godsdienstige uitbranding is ’n paar van hulle se voorland.
Tot vervelens beleef hul die Here is teleurgesteld met hulle.
Jy is ongetwyfeld op soek na rus, daarom het jy nou hierdie boek in jou hand. Aan die een kant is jy elke dag deel van hierdie gejaagde węreld. Maar aan die ander kant weet en glo jy dat daar iets meer vervullends in die lewe moet wees. En jy’s reg! Daar is regtig meer vreugde in die lewe te vind as wat die meeste mense tans geniet. ’n Lewe van rustigheid en innerlike vrede is selfs vandag nog moontlik. Om God se vrede te ervaar, daardie vrede wat jou elke dag soos ’n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So ’n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus. Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na ’n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur ’n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar. Geniet hierdie jaarprogram. Gebruik dit as jou bousteen vir jou jaar van geestelike groei. Dan gaan dit die opwindendste een ooit wees.
|
You may like...
|